Agt Namibiërs nog in Oman

Daar is nog agt Namibiese burgers wat in Oman vasgekeer is nadat hulle deur ‘n mensehandel-sindikaat na die land vervoer is met die belofte van goedbetaalde werk. Daar was 31 slagoffers waarvan 21 reeds op 30 Junie gerepatrieer is. Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkings se woordvoerder Penda Naanda sê hulle werk nou saam met Interpol maar sukkel ook om die families van die slagoffers op te spoor.