AgriSA vra vir laer brandstofpryse vir boere

AgriSA vra die regering om bykomende kortings op petrol en diesel vir boere te oorweeg. Dit is omdat boere nou swaar moet staatmaak op kragopwekkers om aan die gang te bly te midde van die beurtkrag-krisis. Die organisasie stel ook ‘n verlaging voor in Eskom-koste, saam met belastingsverligtings-maatreëls vir boere wat belê in hulle eie sekerheidsmaatreëls. Landbou dra ongeveer drie persent by tot die bruto binnelandse produk en skep ongeveer 900 000 werksgeleenthede. Christo van der Rheede van AgriSA sê dit lyk of beurtkrag erger raak en die land nog lank gaan teister.