AgriSA se Van der Rheede tree uit
AgriSA se uitvoerende hoof, Christo van der Rheede, het bevestig hy gaan einde Februarie volgende jaar uittree. Hy sê dit was ‘n voorreg om die afgelope sewe jaar die landbousektor in verskillende hoedanighede te kon dien. AgriSA sê Van der Rheede sal in ‘n nuwe rol binne die organisasie aangewend word, terwyl hy die nuwe hoof bystaan. Die direksie het intussen ‘n keuringskomitee aangestel om ‘n nuwe uitvoerende beampte te werf. Die werwingsproses is ook oop vir die publiek wat individue kan nomineer wat hulle as geskikte kandidate vir die pos beskou.