AgriSA het kommer oor minimumloon

AgriSA doen ‘n beroep op die ANC-regering om ‘n verhoging in die nasionale minimumloon aan inflasie gekoppel te hou. Hy sê enige verhoging bo inflasie sal op die kort termyn die finansiële lewensvatbaarheid van baie landbou-ondernemings in die reeds moeilike ekonomiese klimaat bedreig. Op die lang termyn sal ‘n skerp styging in arbeidskoste wat nie gepaard gaan met groter produktiwiteit nie, Suid-Afrika se mededingendheid op die wêreldmark knou. AgriSA stel voor die minimum loon word vasgestel op verbruikersinflasie minus 2 persent.