AgriPitch help die jeug in Afrika-landbousektor

Die Afrika Ontwikkelingsbank-groep se AgriPitch van 2,3 miljoen Namibiese dollar het 25 jeuggeleide landbousektor-ondernemings van 14 Afrika-lande op die kortlys geplaas na die finale ronde. Die AgriPitch-kompetisie, wat gerig is op Afrikane tussen 18 tot 35 werksaam in die landbousektor, het 17 klein en medium ondernemings wat deur vroue besit of gelei word, gekies. Die bank se finansiële hoof-ekonoom, Edson Mpyisi, sê die 25 finaliste sal opleiding ontvang om sakevaardigheids-vermoë te bou en om hul beleggers-gereedheid en finansiële bestuur te versterk, en hulle help om winsgewende sake-voorstelle in te dien.