Agribank ontvang vyf bieë vir Witvlei

Agribank sê hy is besig met die bod-evaluering en goedkeuringsproses in verband met die verkoop van sy Witvlei-aanleg. Vyf bieë is ontvang na die bank die aanleg onlangs geadverteer het. Agribank sal nie die aankoop, wat rondom 40 miljoen Namibiese dollar sal beloop, finansier nie. Die bank sê hy sal net bedrywighede by die aanleg, wat ‘n abattoir insluit, finansier. Die aanleg is in die mark nadat Witvlei Meat nie sy bedrywighede kon volhou nie omdat hy sy Noorweegse-kwota aan Meatco verloor het. Meer as 200 mense het hul werk verloor op die nedersetting, wat verval in armoede.