Agribank lei boere in Omaheke, Otjzondjupa op

Meer as 175 boere in die streke van Omaheke en Otjozondjupa het aan Agribank se praktiese sessies deelgeneem met die meerderheid vroue. Die tegniese beampte van die landbouvoorligtingsafdeling van Agribank, Erastus Ngaruk, het gesê opleiding is aan boere van Talismanus, Helena, Lister en Eiseb 10 in die Omaheke-streek en by Gam, Omataka en Tsumkwe in die Otjozondjupa-streek. Hy sê dit is veral voordelig vir boere wat nou voorberei vir die komende reënseisoen.