Agribank geen lenings van N$44 miljoen aan vroue

Agribank het lenings ter waarde van 217 miljoen Namibiese dollar aan 1 301 kliënte in die finansiële jaar van 2020-2021 gegee. ‘n Totaal van 44 miljoen Namibiese dollar is aan vroulike kliënte geleen, in vergelyking met 21 miljoen dollar die vorige jaar. ‘n Totaal van 13 miljoen Namibiese dollar is aan die jeug uitgeleen, terwyl 13 miljoen dollar aan kommunale boere sonder kollateraal uitgeleen is. Agribank se bemarkings- en kommunikasiebestuurder, Rino Muranda, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus oor hoe die lenings vroue bevoordeel.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *