Agribank: Fluitjieblasers kan bedrog anoniem aanmeld
Agribank moedig die publiek aan om van sy anonieme fluitjieblaas-platform gebruik te maak. Dit dien as ‘n instrument waar onetiese, korrupte of bedrog-aktiwiteite deur personeel, lede van die publiek en ander belanghebbendes aangemeld kan word. Die platform is in 2021 bekend gestel en is nou beskikbaar op die bank se webwerf. Agribank moedig belanghebbendes aan sake by die bank aan te meld, eerder as deur ander kanale. Sake van onder meer bedrog, omkopery, korrupsie, diefstal, geldwassery, die misbruik van en skade aan maatskappy-eiendom en ander onetiese gedrag kan aangemeld word.