Agri SA skepties oor Ramaphosa se kragkrisis-plan

Agri Suid-Afrika het President Cyril Ramaphosa se strategie om die kragkrisis te beëindig verwelkom, maar bevraagteken wel of dit suksesvol sal wees. Agri SA se hoof-ekonoom, Kulani Siwela, het gesê die beperking van een megawatt op verspreide opwekking in die sektor moet geskrap word. Siwela sê hulle wil weet hoe die nuwe plan die landbousektor gaan raak, aangesien daar moontlik nog rompslomp kan wees.