Agri SA se stigting staan brandgesteisterde boere by

Die Agri SA-stigting vir Rampverligting is gevestig om die lot van boere en plaaswerkers te verlig te midde van veldbrande, voortslepende droogtes en ‘n dreigende sprinkaanplaag. Agri SA se hoof van risikobestuur, Andrea Campher, sê die stigting skakel met die organisasie se droogtehulpfonds, maar laat hulle toe om boere en plaaswerkers ook in ander ramptoestande te help. Die stigting sal die organisasie in staat stel om Artikel-18-sertifikate vir belastingverligting aan skenkers uit te reik. Campher sê as gevolg van die regering se begrotingstekorte, is boere op skenkings aangewese.