Agri SA sê landbou-kundigheid moet ontwikkel word

Die uitvoerende hoof van Agri SA, Christo van der Rheede, sê belanghebbendes in Afrika, veral regerings, moet die waarde van kundigheid besef. Hy glo lande in Afrika sal voedseltekorte hê wanneer landbou-kundigheid nie ontwikkel en beskerm word nie. Van der Rheede het dié stelling gemaak tydens ‘n voedselsekerheids-vergadering by vanjaar se  Volhoubaarheidsberaad. Dit vind plaas ‘n paar dae voor die Verenigde Nasies se Voedselberaad. Van der Rheede sê Afrika-lande moet aandag gee aan ‘n gebrek aan infrastruktuur, veral logistieke om goedere van plase af te vervoer.