Agri SA ontken hy ondersteun Onteieningswetsontwerp met versigtigheid

Agri SA ontken dat hy die Onteieningswetsontwerp met versigtigheid ondersteun. ‘n Studie is oor die Onteieningswetsontwerp gedoen, maar die uitslag is nooit bekend gemaak nie. Sakeliga het ‘n versoek gerig ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting waar dit aan die lig gekom het dat daar in die studie beweer word dat Agri SA die wetgewing met omsigtigheid ondersteun. ‘n Woordvoerder van Agri SA, Annelize Crosby, sê die bewerings is onwaar. Sy sê Agri SA se teenkanting teen sekere aspekte van die wetsontwerp is herhaaldelik oorgedra.