Agri-inflasie maak landbou baie seer

Die plaaslike veesektor het ’n drastiese toename in agri-inflasie sedert die vierde kwartaal van 2020 beleef, hoofsaaklik as gevolg van die koste van voer, vervoer, brandstof, plus die verswakking van die plaaslike geldeenheid. Volgens Die Namibiese Landbou-unie het inflasie met 15 persent toegeneem, die hoogste in tien jaar. Die styging is aangedryf deur ‘n massiewe 53,5 persent jaar-op-jaar-verhoging in brandstofpryse, 21,6 persent in voerkoste, en 9,2 persent in die  koste van onderhoud en verbeterings. Agri-inflasie het met 7 persent toegeneem vanaf die vierde kwartaal verlede jaar tot die eerste kwartaal vanjaar.