Agra Bank Windhoek-ring speenkalf-kompetisie

Agra se Speenkalf-kompetisie sal op 21 Mei om 11:00 by die Agra Bank Windhoek-ring van stapel gestuur word. Die kompetisie sal in 18 dorpe regoor Namibië vanaf Julie tot Augustus plaasvind. Piet Stoman sê Namibië het van die beste vleisprodusente in die wêreld en uitvoerbeesvleis is van die beste wêreldwyd. Die jaarlikse Agra-speenkalf-kompetsie beloon boere vir hul goeie boerderypraktyke en topkwaliteit produksiestandaarde. Piet Stoman gesels met Kosmos 94.1 Nuus.