Afwagting heers oor komende Swapo Party-kongres

Groot afwagting heers oor die komende naweek se Swapo Party-kongres. Namibiërs, veral Swapo Party-aanhangers, sit op die punte van hul stoele in afwagting vir die uitslag van wat na verwagting ‘n hewig betwiste kongres sal wees. Tydens die Swapo-kongres sal gestem word om poste te vul in die party se posisies, soos vir die visepresident en die sekretaris-generaal van die party. Politieke kommentator, dr. Phanuel Kaapama, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.