Afstandwerksvisum weer in die nuus met SA-staatsrede

Die DA sê President Cyril Ramaphosa moet môre tydens sy staatsrede die verbintenis tot die vestiging van ‘n afstandwerkvisum aankondig. Dié werkvisum laat toeriste toe wat van die huis af werk om dit te doen terwyl hulle ander lande besoek. Die visum sal dit vir hierdie toeriste makliker maak om Suid-Afrika binne te kom. Die DA se Cayla Murray sê as die kwessies nie tydens die SONA aangespreek word nie, sal sy aan die presidensie skryf.