Afstammelinge van die volksmoord-slagoffers kom die naweek op Okahandja byeen

Afstammelinge van die Duitse volksmoord-slagoffers sal die naweek op Okahandja saamtrek om die Duitse-Namibiese ooreenkoms ongeldig en onwettig te verklaar. Verteenwoordigers van verskeie politieke partye soos die PDM, Nudo, IPC, RDP, Swanu en LPM, sal ook na verwagting aan die gesprekke deelneem. Geraakte gemeenskappe in diaspora, in onder meer Suid-Afrika, Botswana, die VSA en Duitsland, sal ook hul ontevredenheid oor die bilaterale ooreenkoms uitspreek. Die Independent Patriots for Change se nasionale voorsitter, Brian Black, het aan Kosmos 94.1 Nuus die party se mening in dié verband gegee.