Afrikalande maak te veel staat op kommoditeite, ons ook

Die Verenigde Nasies definieer ‘n land as afhanklik van kommoditeite as dit meer as drie-vyfdes van sy fisiese uitvoer is. Altesaam 83 persent van Afrika-lande bereik daardie drempel, vergeleke met 77 persent ‘n dekade gelede. Sommige is afhanklik van produkte soos tee, maar die meeste maak staat op mynbou of olie. Dit dui daarop dat slegs ses Afrikalande, wat nie Namibië insluit nie, onafhanklike van kommoditeite is. Ekonoom, Erastus Gabriel verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat Afrika verkeerd doen….