Afrikaanssprekendes kap Charlize Theron 

Afrikaanssprekende gebruikers op sosiale media kap heftig terug teen die Suid-Afrikaans-gebore Hollywood-aktrise, Charlize Theron, oor haar aanspraak dat die taal besig is uit te sterf en net ongeveer 44 mense in Suid-Afrika praat nog Afrikaans. Sy het die stelling tydens ʼn potgooi gemaak toe sy ook beweer het sy het eers leer Engels praat nadat sy haar skoolopleiding in Benoni, Gauteng, voltooi het. Sommige gebruikers beweer Theron soek net aandag en iemand anders glo sy kan seker net tot 44 in Afrikaans tel. Die Oscar-wenner word ook ʼn landsverraaier genoem wat niks weet van die lewe in Suid-Afrika nie.