Afrikaans is inheems, Nzimande skend menseregte

Die Demokratiese Alliansie het ‘n klag by die Menseregtekommissie teen die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, gelê, oor sy ongrondwetlike aandrang om Afrikaans as ‘n uitheemse taal in Suid-Afrika te laat verklaar. ‘n DA-Parlementslid, Leon Schreiber, sê die party se klag volg op die Konstitusionele Hof se onlangse uitspraak in die Unisa-taalsaak, wat Afrikaans as ‘n inheemse taal in die grondwetlike reg gekodifiseer het: