Afrikaans is belangrik vir ons – Universiteit Stellenbosch

‘n Onafhanklike forensiese verslag deur Deloitte oor die toepassing van die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid, het bevind dat die bestuur nooit opdrag gegee het dat die gebruik van Afrikaans verbied word nie. Koshuisleiers het ook geen verbod geplaas op die gebruik van Afrikaans tydens die verwelkomingstydperk in Maart vanjaar nie. Die adjunk-visekanselier: Leer en Onderrig, Deresh Ramjugernath, gee in ‘n brief aan personeel en studente die versekering dat die universiteit verbind bly tot inklusiewe veeltaligheid, waar die samelewing se verskeidenheid en die rykdom van daardie verskeidenheid in ag geneem word.