Afrika se ekonomiese prestasie opgemeet

Die Afrika-ontwikkelingsbank stel vandeesweek die eerste uitgawe van sy Makro-ekonomiese prestasie- en- vooruitsigte-verslag vir Afrika by sy Abidjan-hoofkwartier in die Ivoorkus bekend. Die publikasie sal aan beleidmakers, internasionale beleggers, navorsers en ander ontwikkelings-vennote ‘n bygewerkte, bewys-gebaseerde beoordeling van die vasteland se onlangse makro-ekonomiese prestasie en kort- tot mediumtermyn-vooruitsigte bied, te midde van dinamiese wêreld-ekonomiese ontwikkelings. Dit sal die bank se vlagskip Afrika-ekonomiese Vooruitsig-verslag aanvul, wat fokus op sleutel-opkomende kwessies met betrekking tot Afrika se ontwikkeling.