Afrika-regerings moet belê in landbou

Afgevaardigdes op die vyfde Kampala Geopolitiek-konferensie in Kampala, Uganda, doen ‘n beroep op Afrikalande om intensief in kommersiële landbou te belê. ʼn Senior dosent in Politieke Wetenskap aan die Makerere Universiteit, Philip Kassaijja, sê voedselsekerheid behoort nie ‘n Afrika-probleem te wees nie. Hy sê regerings moet verkwistende uitgawes besnoei en in landbou belê. Intussen sê ʼn senior ekonoom verbode aan die Wêreldbank: Afrika-streek, Rachel Sebudde, boere moet landbou klimaatslim benader. Sy sê Afrika moet die grondbesitstelsel vir groot kommersiële boerderye versterk.