Afrika-mode uitstalling in Brittanje

Brittanje se Victoria en Albert Museum open Saterdag sy eerste Afrika-mode-uitstalling. Africa Fashion bekyk die vasteland se modes en stal ontwerpe, foto’s en films uit van 25 van die 54 lande. Op die museum se onderste verdieping sal geskiedkundige uitrustings en foto’s van die 1950’s en later wees, terwyl moderne ontwerpe en fotografie op die boonste verdieping uitgestal word. Die senior kurator, Christine Checinska, sê die uitstalling moes lankal plaasgevind het.