Afrika-leiers moet grense van vrede vergroot

Die premier van KwaZulu-Natal, Nomusa Dube-Ncube, doen ‘n beroep op Afrika-leiers om die grense van vrede en stabiliteit op die vasteland te vergroot. Sy was ʼn spreker tydens die gesamentlike byeenkoms van die Eweknie-beoordelingskomitee en die Afrika-unie se Raad vir Veiligheid en Sekuriteit in Umhlanga. Volgens Dube-Ncube is die Afrika-unie getrou aan sy Pan-Afrikaanse wortels en het altyd daarna gestrewe om die lewe van alle Afrikane te verbeter.