Afrika-leiers eis by VN hervorming met verspreiding van entstowwe

Afrika-leiers eis hervorming by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York oor die onregverdige verspreiding van Covid-entstowwe. Namibiese President Hage Geingob, asook Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die entstof-apartheid in hul toesprake by die VN aangespreek. Volgens berigte het ontwikkelende lande 500 miljoen Covid-entstowwe in hul besit wat in 90 dae gaan verval. Dawie Klopper, ‘n Suid-Afrikaanse ekonoom en politieke kommentator het aan het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die hervorming gaan ‘n lang tyd neem.