Afrika kry hernubare energieplatform

African Infrastructure Investment Managers het ingestem tot aanvanklike aandelebefondsing van tot 1,6 miljard Namibiese dollar vir die oprigting van ‘n hernubare energieplatform. Dit is om net-zero-energie vir Afrika te lewer, wat beteken, energie wat nie ‘n koolstofvoetspoor laat nie. Aanvanklike befondsing vir NOA Group Holdings, sal gebruik word om die konstruksie van bestaande projekte af te handel en finansiële afsluiting te bereik van projekte van byna 100 megawatt. African Infrastructure Investment Managers sê die finansiering versterk sy posisie as ‘n belegger in Suid-Afrika se hernubare energie-landskap met projekte van meer as 1,9 gigawatt se son- en windopwekkingskapasiteit.