Afrika het steeds piek van derde vlaag

Die Wêreld-gesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die vasteland is steeds op die hoogtepunt van die derde vlaag Covid-19, en meer gevalle is aangeteken as tydens enige vorige kruin. Meer as 6 400 sterftes is in die laaste week van Julie aangeteken. Dit verteenwoordig ‘n styging van 2 persent vergeleke met die vorige week, met Suid-Afrika en Tunisië wat gesamentlik meer as 55 persent van die sterftes geregistreer het. Phionah Atuhebwe van die WGO sê die vasteland het tot dusver 91 miljoen Covid-19-entstofdosisse ontvang, en ongeveer 24 miljoen mense, oftewel 1,7 persent van die Afrika-bevolking, is ten volle ingeënt.