Afrika het nie billike toegang tot entstowwe ontvang nie – AU

Dis goed en wel om entstowwe te deel, maar Afrika-lande wil hulle eie entstof aankoop. Dit is die mening van Strive Masiyiwa wat aan die hoof staan van die Afrika-unie se entstof-verkrygingstaakmag. Van die 5,7 miljard dosisse koronavirus-entstowwe wat tot dusver oor die hele wêreld toegedien is, was slegs 2 persent in Afrika. Masiyiwa sê om die 60 persent-inentingsmikpunt vir sy bevolking te haal, sal die AU en sy vennote na verwagting die helfte van die dosisse wat nodig is moet aankoop: