Afrika gewaarsku oor pandemies in landbou

Die Afrika-instituut van Wiskundige Wetenskappe maan Afrika-regerings oor nog moontlike pandemies in die landbou as wetenskap nie gebruik word nie. Volgens die stigter van die instituut, Neil Turok, was die Covid-19-pandemie die gevolg van landbou wat nie behoorlik bestuur is nie, wat gelei het tot die verspreiding van die virus van wilde diere na mense. Hy sê Afrika-leiers moet in wetenskaplike navorsing belê om kwessies op die vasteland aan te pak. Turok het gepraat in Akkra, Ghana, op ‘n gedenk-openbare lesing ter ere van die ontslape plaaslike kernfisikus, Francis Allotey.