Afrika en skuldterugbetalings: Ekonoom gesels

‘n Namibiese ekonoom het gereageer op die Afrika Ontwikkelingsbank wat vandeesmaand ʼn virtuele beleidsdialoog oor volhoubare skuldbestuur in Afrika aanbied. Dit is ʼn bykomende geleentheid tot die Agste Tokio Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkeling. Die voortslepende nagevolge van die Covid-pandemie wat vererger word deur die huidige konflik tussen Rusland en Oekraïne, het ontwrigtings meegebring in wêreldwye ekonomiese bedrywighede en handel. Afrika kom te staan voor die moeilike balanseer-toertjie tussen beskerming van die weerloses en die ekonomie teen die uitwerking van die oorlog, en om kwesbaarheid as gevolg van skuld in bedwang te hou. Gabriel Erastus, ‘n plaaslike ekonoom, maan teen projekte wat nie ten volle uitgevoer word nie.