AfriForum verskerp veldtog vir minderheidsregte

AfriForum sê hy gaan binnekort ‘n verskerpte internasionale veldtog van stapel stuur vir die beskerming van minderheids- en burgerregte in Suid-Afrika. Hy sê onlangse opmerkings deur die EFF-leier Julius Malema, moet veroordeel word. Malema het gister in die hof getuig hy kan dalk eendag ‘n beroep doen vir die slagting van witmense in die land. Ernst Roets van AfriForum sê die feit dat die leier van die derde grootste party in die land sulke opmerkings maak is ontstellend. Hy sê dit gebeur nou binne die konteks van ‘n reeds kommerwekkende krisis met plaasmoorde en ras-verdelende retoriek deur politici in Suid-Afrika.