AfriForum verheug oor haatspraak-bevinding teen Malema

AfriForum het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se bevindings teen die EFF-leier Julius Malema verwelkom. Die kommissie sê Malema se toespraak en sommige plakkate en baniere by die party se provinsiale volksvergadering verlede maand in die Wes-Kaap kom neer op haatspraak en aanhitsing tot geweld. AfriForum se woordvoerder, Ernst van Zyl, sê hulle beskou hierdie ontwikkeling as die eerste stap om die EFF en Malema se aanhitsing tot geweld en haatspraak te stop: