AfriForum: Sy druk laat regering regulasies skrap

AfriForum sê die verwagte herroeping van die Covid-regulasies bevestig die mag van burgerlike organisasies om die regering se magsvergrype teen te werk. Die organisasie meen regulasies oor die dra van maskers, beperkings op openbare byeenkomste en reise na die land, is onwettig en irrasioneel. Reiner Duvenage van AfriForum sê hulle fokus verskuif nou na die stryd teen die konsep-gesondheidsregulasies.