AfriForum se aandklokreël-saak uitgegooi

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het AfriForum se dringende aansoek om die nasionale aandklokreël tersyde te stel, van die hofrol geskrap. Die aansoek was in reaksie op die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, se versuim om bewyse aan AfriForum te verskaf op grond waarvan die besluit geneem is om die aandklokreël in te stel. Die burgerregtegroep wou hê die aandklokreël moet ongrondwetlik verklaar en tersyde gestel word.  Die adjunkregterpresident van Gauteng, Aubrey Ledwaba, het beslis daar is geen regverdiging om die aansoek op ‘n dringende basis aan te hoor nie.