AfriForum: Polisieminister ken nie sy rol nie  

AfriForum Gemeenskapsveiligheid glo vas die minister van polisie, Bheki Cele, het geen idee wat sy rol behels nie. Dit volg nadat Cele gesê het polisielede se verlof vir die feestyd word afgestel. Die organisasie sê die minister het nie die gesag om bedryfs- of arbeidsbesluite oor die polisie en sy lede te neem nie. Volgens AfriForum se woordvoerder, Jacques Broodryk, moet arbeidsgeskille vermy word sodat die polisie kan fokus op misdaadbekamping en ondersoeke.