Afriforum nader VN se Menseregteraad oor sanitasie-kwessie
AfriForum het die Verenigde Nasies se Menseregteraad gevra vir ‘n ondersoek na die grootskaalse skending van die reg op toegang tot water en sanitasie in Suid-Afrika. Die organisasie se raadgewer oor Omgewingsake, Marais de Vaal, sê Suid-Afrikaners se reg op toegang tot water en sanitasie word bedreig deur die swak toestand van die land se natuurlike waterbronne en verswakkende water-infrastruktuur. Hy sê die pleidooi is daarom ‘n poging om die ingewortelde waterbestuurs-probleme op te los.