AfriForum Jeug sê EFF moet uit by Tukkies
AfriForum Jeug verskerp sy pogings om te verseker die EFF Student Command word by die Universiteit van Pretoria gederegistreer. Die stap volg nadat die Student Command betrokke was by voorvalle van haatspraak, intimidasie en onlangse gevalle waar studente wat nie swart is nie, toegang tot die kampus geweier is. Die versoekskrif van die studente-organisasie bevat vier-duisend handtekeninge en vra vir optrede teen die gedrag wat mense volgens ras uitsluit. Die woordvoerder van AfriForum, René van der Vyver, kritiseer die universiteitsbestuur omdat hulle hulle nie van die EFF se optrede gedistansieer het nie: