AfriForum Jeug sê daar is kullery by Unisa

AfriForum Jeug doen ‘n beroep op die Universiteit van Suid-Afrika om akademiese oneerlikheid te beëindig. ‘n Student het die organisasie genader oor verdagte teksboodskappe wat studente eksamenhulp en ‘n uitslag van 90 persent of meer waarborg teen betaling. Die bron van die verdagte boodskappe het geweet vir watter vakke die betrokke student geregistreer is sowel as die datums van die eksamen. AfriForum Jeug se woordvoerder, René van der Vyver, sê die universiteit het ook versuim om te reageer op die student se navrae.