AfriForum berei hofaansoek teen Zuma-parool voor

AfriForum in Suid-Afrika sê hy is besig om ‘n dringende hofaansoek teen die Departement van Korrektiewe Dienste en die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, voor te berei. Hy sê dit volg na die onlangse vrylating van oud-president Jacob Zuma op mediese parool ondanks die feit dat toepaslike statutêre voorskrifte skynbaar nie nagekom is nie. Ernst Roets van AfriForum sê hulle het verlede week ‘n dringende prokureursbrief aan Fraser gestuur waarin hulle antwoorde oor Zuma se vrylating versoek het: