AfriForum behaal oorwinning oor taaldiskriminasie

Die burgerregte-organisasie AfriForum sê hy het ‘n oorwinning behaal oor taaldiskriminasie. ‘n Woordvoerder, Alana Bailey, sê hulle het ‘n sielkundestudent met regshulp bygestaan teen die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika nadat hul geweier het om sy aansoek te aanvaar omdat sy graadsertifikaat in Afrikaans is. Bailey sê die raad het hom uiteindelik geregistreer en die saak teruggetrek.