Africa’s Eden sê toerisme verloor besprekings van 70%-95% in twee maande

‘n Opname is deur Africa’s Eden, ‘n bemarkingsorganisasie vir vier Suider-Afrikaanse lande, Namibië, Botswana, Zambië en Zimbabwe gedoen, wat die verwoestende impak van die reisverbod op die lande bepaal het. Die onmiddellike reisverbod het bespreking van toeriste vir Desember tot Januarie tussen 70 en 95 persent verlaag. Die Gasvryheidsvereniging van Namibië, wat ‘n lid van Africa’s Eden is, sê hulle doen ‘n beroep op die ophef van die reisverbod en kwarantynmaatreëls vir mense wat terugkeer uit Suider-Afrika. Hulle meen ook ‘n wêreldwye en streeksreisbeleide moet vereenvoudig en geharmoniseer word. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging, Gitta Paetzold …