Africa Personnel Services vier kwarteeu

Africa Personnel Services is vandag 25 jaar oud. APS is ‘n maatskappy wat sedert 1996 oplossings in die arbeidsektor bied. Hul internasionale besigheid is gebou op gesonde menslike kapitaal-beginsels en volgens Ruan Hough, die bestuurder van sake-ontwikkeling en bemarking in Afrika, bied APS aan hul kliënte die hoogste vlakke van lojaliteit, integriteit en respek. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is opgewonde om in Afrika uit te brei en mense se lewens te verryk.