AfrForum vra of Zuma teruggaan tronk toe

Die burgerregte-organisasie AfriForum doen ‘n beroep op die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Makgothi Thobakgale, om aan te kondig of oudpresident Jacob Zuma na die Estcourt-korrektiewe sentrum in KwaZulu-Natal sal terugkeer. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof sy vrylating op mediese parool onwettig verklaar het. AfriForum se woordvoerder, René van der Vyver, sê hulle verwag ‘n dringende antwoord van Thobakgale en is gereed om verdere stappe te doen indien die finale besluit onwettig of onreëlmatig is.