Afpersing, dreigemente: Stad Kaapstad het tolvrye lyn vir sy personeel

Die Stad Kaapstad veroordeel die onlangse dreigemente en pogings tot afpersing van die stad se werknemers en kontrakteurs terwyl hulle besig was met ‘n beligtingsprojek in Eersterivier. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, moedig inwoners aan om die metro te help deur van sy tolvrye wenk-lyn gebruik te maak met inligting wat tot die arrestasie van enigiemand kan lei wat die stad se werknemers teiken: