Afleggings spring met 58% in derde kwartaal

Die Namibiese arbeidsministerie sê daar was tussen Julie en September vanjaar ‘n toename van 58 persent in afleggings. Volgens die ministerie is 881 persone afgedank deur 117 werkgewers. Dit is ook ‘n toename in 55 persent van werkgewers, vergeleke met die vorige kwartaal. Volgens die ministerie verteenwoordig dit nie die totale werksverliese nie omdat werkgewers net kennis moet gee van die voorneme om af te dank en nie die hoeveelheid werkers nie. Die ministerie sê die toenemende werksverliese wek kommer.