Afkoeltydperk vir SA politieke partye toegelaat

Die nuwe Verkiesingswysigings-wetsontwerp sal lede van politieke partye nou toelaat om sonder ‘n afkoeltydperk as onafhanklike kandidate aan verkiesings deel te neem. ‘n Lid van die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake, Brandon Pillay, het gesê die afkoeltydperk van drie maande was bedoel om die proses van individue te bestuur wat ‘n politieke party verlaat om onafhanklik te staan. Pillay sê daar is intussen besluit om die betrokke prosesse vir die Verkiesingskommissie te vergemaklik.