Afghanistan se dodetal van aardbewing styg

Afganistan se regeringsamptenare het bevestig ‘n aardbewing van 5,9 het die provinsies van Paktika en Khost oornag getref en minstens 920 mense is dood. Die regering se woordvoerder, Mohammad Naeem, sê die dodetal sal na verwagting styg namate reddingswerkers deur die geboue wat ingestort het grawe, omdat baie mense in hulle huise vasgekeer is.