Afghanistan – oorlog is verby

Amerika sê sy weermag tree tans op met die veronderstelling dat hulle voorbereid moet wees vir moontlike toekomstige bedreigings. Die land se weermag het pas sy ontruimings uit die Kabul-lughawe in Afghanistan voltooi en die laaste C17 het net na middernag Kabul-tyd, die land verlaat. Dit volg na 20 jaar se oorlog wat deur die voormalige president George W. Bush begin is na die aanval op 11 September 2001 in New York.

En toe kondig generaal Kenneth McKenzie die einde aan.

Intussen het generaal-majoor William Taylor gesê meer as 122 000 mense, onder wie 5 400 Amerikaners, is uit Afghanistan verwyder nadat die Taliban die land oorgeneem het: